Dunderm

Die spysverteringstelsel by die mens.
1=Slukderm, 2=Maag, 3=Dunderm, 4=Appendiks, 5=Blindederm, 6=Dikderm, 7=Rektum, 8=Anus

Die dunderm is 'n deel van die menslike spysverteringstelsel wat tussen die maag en die dikderm lê. Die dunderm is die langste deel van die spysverteringstelsel, maar is dunner as die dikderm. Die meeste soogdiere het ook dunderms.

Die dunderm is voortdurend in beweging om die inhoud heen en weer te pers en so voedsel fyn te maak. Dit gebeur met behulp van die lengte- en kringspiere in die wande van die dunderm. Deur 'n groot aantal bloedvaatjies word bruikbare voedingstowwe in die bloed ingevoer.

Die dunderm is ongeveer 5 tot 6 meter lank en haal die belangrikste voedingstowwe uit die ete. Die lengte is noodsaaklik as gevolg van die volgende redes:

  • Dit moet die voedsel volledig verteer totdat dit opneembare voedingstowwe is;
  • Dan moet dit al dié opneembare voedingstowwe opneem.

Die verteringsap wat deur die dunderm afgeskei word, word dermsap genoem. Daar is vyf miljoen vingeragtige uitgroeisels aan die binnekant van die derm, wat dermvlokkies genoem word. Die dermvlokkies se funksie is om die absorpsie-oppervlak te vergroot.

Die dunderm het twee hooffunksies:

  • Verteer die voedsel tot voedingstowwe;
  • Absorbeer voedingstowwe.

Die verteerde voedsel wat uit die dunderm geabsorbeer is, word deur middel van bloedvate na die lewer vervoer en daarna na die res van die liggaam.

Daar is twee ondersteunende organe wat met die dunderm verbind is, naamlik:

Die lewer produseer gal, wat in die galblaas geberg word. Gal het twee funksies:

  • Dit emulsifiseer vette (breek dit op in vetdruppeltjies);
  • Help vette absorbeer.

Die pankreas skei pankreassap af wat ensieme bevat vir die vertering van voedsel. Dit skei ook hormone af wat 'n rol speel in die regulering van die suikerbalans van die liggaam.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search